# ActionSA in Gauteng verwelkom die aanvaarding van sy mosies om die dringende behoefte aan funksionele verkeersliginfrastruktuur aan te spreek, en die versterking van die toesighoudende magte van lede van die provinsiale wetgewer. Die party sê die impak van wanfunksionele verkeersligte op padveiligheid en die ekonomie is verstommend. Dit sê elke 37 minute wat in verkeer vermors word, kos pendelaars jaarliks ongeveer 28-duisend-rand. ActionSA sê die tweede mosie het verklaar dat die versterking van wetgewende toesig noodsaaklik is om korrupsie te bestry, aanspreeklikheid af te dwing en te verseker dat die regering vir die mense werk.
ActionSA Gauteng loof politieke partye se steun vir twee van sy mosies