Skip to content

ActionSA dring aan op duidelikheid deur Patriotic Alliance oor Kenny Kunene-ondersoek

# ActionSA in Gauteng dring aan dat die Patriotic Alliance die volledige bevindinge van sy ondersoek na sy adjunkpresident, Kenny Kunene, moet bekend maak. Kunene het in Julie as Johannesburg burgemeesterskomiteelid vir Vervoer bedank nadat hy gedurende ‘n polisieklopjag by die huis van moordbeskuldigde Katiso ‘KT’ Molefe gevind is. Kunene is later deur ‘n eksterne regsfirma van enige ongerymdhede vrygespreek. Die streeksekretaris van ActionSA in Johannesburg, Lebo Mokoka, bevraagteken die geloofwaardigheid van die ondersoek, en vra vir deursigtigheid, en leiers onaangeraak deur kriminele verwantskappe.