# ActionSA in Noordwes het formele klagte van finansiële wangedrag teen Rustenburg se munisipale bestuurder, Ashmar Khuduge, ingedien. Die party sê hy het probeer om ‘n skikking deur te druk wat tot ‘n verlies van 203-miljoen-rand sou lei. Hy sou in plaas daarvan eerder 55,8-miljoen- rand aan maatskappye betaal wie se kontrakte reeds deur die Hooggeregshof onwettig verklaar was. ActionSA sê die ooreenkoms wat in Januarie vanjaar by die Spesiale Raad ter tafel gelê is, het die Ouditeur-Generaal se standpunt verkeerd voorgestel, belangrike dokumente teruggehou en betalings in onreëlmatige rekeninge gemaak. Die Raad het die skikking summier verwerp.
ActionSA dien klagte van wangedrag in teen Rustenburg Munisipale Bestuurder oor R203-miljoen se wanbetaling