# Lede van ActionSA se Gautengse wetgewerspan onder leiding van die provinsiale voorsitter, Funzi Ngobeni, vergader vandag met pasiënte en personeel by Ekurhuleni-klinieke. Die party sê hulle sal onder meer beraadslaag oor onwettige buitelandse burgers se toegang tot gesondheidsdienste, personeeltekorte, swak pasiëntesorg, ondoeltreffende administrasie en vervalle infrastruktuur. Die oorsigbesoeke se bevindings sal aan die provinsiale wetgewer en betrokke portefeuljekomitees oorgedra word.
ActionSA bring vandag oorsigbesoeke aan Ekurhuleni-klinieke