Skip to content

ActionSA betoog by polisie-hoofkwartier in KZN oor misdaadkrisis

# ActionSA sal vandag ‘n plakkaatbetoging hou voor die provinsiale hoofkwartier van die polisie in KwaZulu-Natal om aan te dring op onmiddelike optrede oor die verergerende krisis in die polisie en die regstelsel. Dit volg na skokkende bewerings deur die provinsiale polisiekommisaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor politieke korrupsie en die misbruik van polisiefondse. ActionSA sê die korrupsie moet van binne wetstoepassing uitgeroei word. Hulle vra aanspreeklikheid om Suid-Afrika se onbeheerde misdaadsyfer aan te pak.