# Action Society sê hulle het geen vertroue dat die Madlanga-kommissie se regterlike ondersoek na bewerings van diepgewortelde korrupsie en politieke inmenging in die polisie betekenisvolle resultate sal oplewer nie. Die woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, sê die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n begroting van 147,9-miljoen-rand oor ses maande aan die kommissie toegeken. Sy sê uit ondervinding is dit onwaarskynlik dat dit tot vervolging of beleidsverandering sal lei en die risiko is dat dit net nog ‘n duur oefening sal word sonder tasbare uitkomste:
Action Society sê Madlanga-kommissie sal waarskynlik nie tot vervolging of beleidsverandering lei nie [KLANK]
AFR JuanitaonMadlanga