Skip to content

ACDP kritiseer Gauteng regering vir geld wat hy aan die Ekurheleni-metro skuld

# Die African Christian Democratic-party kritiseer die Gautengse regering wat die Stad Ekurhuleni 382,3-miljoen-rand in onbetaalde water- en kragrekenings skuld. Die raadslid Palesa Yates sê dit stel ‘n swak voorbeeld want inwoners kan afgesny word vir nie-betaling. Ander staatsinstellings skuld ook miljoene, insluitend die Departement van Infrastruktuurontwikkeling en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Yates sê dit is onbillik dat staatsdepartement verskillend hanteer word en waarsku onbetaalde rekenings raak dienslewering en infrastruktuuronderhoud.