# Die Absa-aankopebestuurdersindeks het vir die tweede agtereenvolgende maand verbeter en in Oktober tot op 49,6 punte gestyg, vanaf ‘n hersiene 48,7 punte in September. Die vervaardigingsektor bly egter onder druk, met sakebedrywighede en nuwe bestellings steeds onder die 50-punt-kerf. Werkskepping bly swak terwyl stygende brandstofkoste en ‘n swakker rand vervaardigers se aankoopkoste opjaag. Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek sê ondernemings is versigtig weens onsekerheid rondom die plaaslikeregeringsverkiesing, vervoerverwante uitdagings en swak verbruikersvraag.
Absa-aankopebestuurdersindeks styg ‘n tweede maand maar vervaardiging bly onder druk