# Aanklaers in die seksuele mishandelingsaak teen Gerard Depardieu het ‘n opgeskorte vonnis van 18 maande aanbeveel vir die beroemde Franse akteur. Die hoof-aanklaer het in sy slotbetoog ook gevra dat die 76-jarige ‘n boete van 395-duisend-rand opgelê word en skadevergoeding aan die klaers moet betaal. Die twee vroue het hom beskuldig van seksuele aanranding tydens die verfilming van “Les Volets Verts” in 2021, in Afrikaans “Die Groen Luike”. Hy sê Depardieu moet ook beveel word om sielkundige behandeling te ondergaan en op Frankryk se register van seksoortreders geplaas word.
Aanklaers vra opgeskorte vonnis vir Franse akteur Gerard Depardieu