# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, sê die verbloeming van identiteite kan in sekere gevalle ‘n moontlike oplossing wees vir die sluipmoorde op staatsaanklaers. Kubayi sê televisie-uitsendings van hofverrigtinge stel staatsaanklaers onbewustelik in gevaar met hul gesigte wat gewys word terwyl beskuldigdes versteek bly. Die minister sê daar is vyf aanklaers doodgeskiet in net soveel jaar. Sy sê om stelsels in die geval van geïdentifiseerde hoërisiko-sake te verskerp kan help. Kubayi sê die sluipmoorde is ‘n bedreiging vir die strafregstelsel.
Aanklaers mag moontlik hul identiteite in hofsale verberg vir veiligheid