Skip to content

AANGEPAS: Vliegtuig stort neer op pad na Maasai Mara Nasionale Park in Kenia, 11 dood

# ‘n Ligte vliegtuig met 11 mense aan boord het vanoggend op ‘n vlug van Kenia se kus af neergestort. Die vliegtuig was van die toeriste-oord Diani af op pad na Kichwa Tembo, ‘n privaat vliegveld in die Maasai Mara Nasionale Park. Tien passasiers, agt van Hongarye en twee Duitsers, en die Keniaanse vlieënier is dood. Kenia se Burgerlugvaartowerheid het geen verdere besonderhede verskaf nie, maar gesê regeringsagentskappe is reeds op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.