# Die Vrystaatse polisie is geskok en diep bekommerd oor ‘n tragiese skietvoorval nadat ‘n 47-jarige beampte wat in Hennenman as die Landelike Veiligheidskoördineerder gestasioneer is, na bewering vyf mense geskiet het. Drie mense is dood en twee beseer voor die beampte sy eie lewe geneem het. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê hy het gister vir diens aangemeld, maar het vroeg vanoggend na Whittes Plot naby Hennenman gery op soek na sy meisie: