Nuus 13:00
BULLETIN 7 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa gaan die land vanaand toespreek oor die regering se benadering tot die bestuur van onwettige immigrasie
# Eskom sê die gemiddelde onbeplande weeklikse onderbrekings het gedaal
# En rugby: Rassie Erasmus kies 21 nuwelinge vir die dubbelwedstryd in Gqeberha
# President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek oor die regering se benadering tot onwettige migrasie en die onlangse toename in versetoptrede teen buitelandse burgers. Anti-immigrasie-organiseerders het gedreig om die land tot stilstand te bring as die regering nie ongedokumenteerde buitelanders verwyder nie. Die organiseerders het 30 Junie as die sperdatum gestel vir ongedokumenteerde immigrante om die land te verlaat. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het Vrydag tydens die kabinet se nuuskonferensie aangedui daar sal geen stilstand wees nie, terwyl betogings teen onwettige immigrasie in die land voortduur.
Intussen is die Departement van Indiensneming en Arbeid van mening Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie en beskou die voortdurende landwye betogings as griewe oor onwettige immigrasie. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê verskeie groepe betoog teen die teenwoordigheid van buitelanders. Die buitelanders word beskuldig dat hulle bydra tot misdaad, druk op die gesondheidstelsel plaas, en boonop maklik deur onetiese werkgewers uitgebuit word:
Cosatu en sy lidvakbonde, die Nasionale Unie van Mynwerkers en die Suider-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie, vra egter die regering om grensbestuur- en immigrasiestelsels te versterk. Woordvoerder, Zanele Sabela, sê dit is om te verseker slegs gedokumenteerde buitelandse burgers verkry toegang, verblyf en werk in die land. Sy sê die vernietiging van eiendom, dreigemente, aanrandings, teistering en alle vorme van geweld wat gemik is op migrantewerkers en buitelandse burgers is onaanvaarbaar:
# Eskom het bekendgemaak dat sy gemiddelde weeklikse onbeplande kragonderbrekings tot nege-duisend-252-megawatt gedaal het. Eskom se woordvoerder, Daphne Mowena, sê dit is ‘n beduidende afname van vyf-duisend-655-megawatt van die 14-duisend-907-megawatt in dieselfde tyd verlede jaar, gelykstaande aan meer as die nominale vermoë van die Kusile-kragstasie. Sy sê die verbetering word ook in die onbeplande kapasiteitsverliesfaktor weerspieël wat in die afgelope jaar van 30,76-persent tot 19,57-persent verbeter het en ‘n daling van 11,19-persent verteenwoordig:
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ‘n uitgebreide groep met 51 spelers aangewys vir die span se eerste oefenkamp van die seisoen wat Maandag begin, insluitend 21 wat nog nooit op internasionale vlak gespeel het nie. Die kamp is gemik op die keuse van ‘n Springbokspan en ‘n Suid-Afrikaanse A-span vir die seisoen se openings-dubbelwedstryd die 20ste Junie teen die Barbarians en Zimbabwe in Gqeberha. Erasmus sê dit sal op die lang termyn voordelig wees om die span te bou met die oog op volgende jaar se Rugbywêreldbeker en daarna. Hy meen daar is ‘n goeie balans tussen ervare spelers en jong talent in die groep.
# En motorsport: Die tiener en wêreldkampioenskapvoorloper, Kimi Antonelli het Saterdag sy merkwaardige reeks suksesse voortgesit deur weer eerste te kwalifiseer vir Mercedes in vandag se Monaco Grand Prix, met die viermalige kampioen Max Verstappen van Red Bull langs hom. Lewis Hamilton, ‘n sewemalige wêreldkampioen en sy spanmaat Charles Leclerc van Ferrari sal in die tweede ry wegspring. Antonelli, met vier oorwinnings op sy kerfstok, mik om die eerste Italianer te word wat vyf agtereenvolgende wedrenne wen, iets wat Alberto Ascari van Ferrari laas in 1952 reggekry het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….