Skip to content

Polisie doen interne stappe teen polisielid ná beweerde omkopery in Gauteng [KLANK]

# Gautengse polisiebestuur het kennis geneem van ‘n video wat wyd gedeel word op sosiale media, veral op Facebook, waarin ‘n polisiebeampte in sy uniform geld aan ‘n lid van die publiek terugbetaal ná ‘n beweerde omkoopvoorval. Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê die polisiebeampte is geïdentifiseer en onmiddellike dissiplinêre stappe is ingestel. Sy sê ‘n interne ondersoek is ook aan die gang om vas te stel wat die volle omstandighede rondom die voorval is:

ENG NevhuhulwiONCorruptPolice