# President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek oor die regering se benadering tot onwettige migrasie en die onlangse toename in versetoptrede teen buitelandse burgers. Anti-immigrasie-organiseerders het gedreig om die land tot stilstand te bring as die regering nie ongedokumenteerde buitelanders verwyder nie. Die organiseerders het 30 Junie as die sperdatum gestel vir ongedokumenteerde immigrante om die land te verlaat. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het Vrydag tydens die kabinet se nuuskonferensie aangedui daar sal geen stilstand wees nie, terwyl betogings teen onwettige immigrasie in die land voortduur.
Ramaphosa gaan land vanaand toespreek oor regering se benadering tot bestuur van onwettige immigrasie