# Rugby: Die Springbok-sewesspan het ‘n wonderlike kwarteindstrydoorwinning oor Fidji by die Bordeaux-sewes behaal, net nadat hulle gehoor het dat hulle die HSBC-wêreldkampioenskap gewen het en as die beste sewesspan ter wêreld gekroon is. Die Blitsbokke speel vanmiddag teen Frankryk in ‘n halfeindstryd in die Bordeaux-sewes maar die uitslag is onbelangrik, aangesien hulle reeds die wêreldkampioene is nadat Frankryk hul naaste mededingers, Australië, met 26-0 in hul kwarteindstryd verslaan het. Dit het die Blitsbokke los voor op algehele punteleer geplaas.
Rugby: Australië se 7’s nederlaag maak Blitsbokke Wêreldkampioen