Skip to content

Rugby: Stormers-kaptein sê hulle het nie na Dublin gereis om bloot te speel nie

# Rugby: Die Stormers besef hulle moet hul beste lewer in hul Verenigde Rugbykampioenskaps-halfeindstryd vanaand teen Leinster wat feitlik nooit in Dublin verloor nie. Die span se bestuur glo egter hulle staan ‘n goeie kans om die eindstryd te haal. Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, sê verlede week se kragmeting teen Cardiff het hulle met beserings duur te staan gekom, maar hulle is vol vertroue dat die plaasvervangers goed sal vaar. Die Stormers-kaptein, Ruhan Nel, stem saam dat hulle nie daar is om net te speel nie, maar om te wen. Die afskop is om half-sewe vanaand.