Skip to content

EFF in Gauteng verwelkom beslaglegging van eiendomme van Hangwani Maumela

# Die EFF in Gauteng het die beslaglegging verwelkom van nagenoeg drie-miljoen rand se eiendomme en luukse bates van Hangwani Maumela as deel van ‘n voortdurende ondersoek na die plundering  van staatsgeld by die Tembisa Provinsiale Hospitaal. Die EFF-woordvoerder, Dumisani Baleni, sê die beslaglegging van die bates is ‘n bewys dat daar gevolge is en dat ‘n opbrengs uit misdaad kan en moet herwin word  tot voordeel van die mense. Hy sê die beslaglegging van bates moet egter opgevolg word deur suksesvolle vervolgings en die herwinning van die gesteelde geld.