# Minstens 49 mense is in ‘n afgeleë deel van die Sahara-woestyn in die noorde van Niger van dors dood nadat die vragmotor waarin hulle gereis het, onklaar geraak het. Owerhede sê die groep was op pad terug van Mali waar hulle ‘n Moslem-fees bygewoon het toe hulle meer as 80 kilometer wes van Assamaka, ‘n belangrike grenspos tussen Niger en Algerië, sonder water met ‘n stukkende vragmotor gaan staan het. Die Niger-woestyn bly ‘n belangrike deurgangskorridor vir migrante van regoor Wes-Afrika wat Europa probeer bereik en herhaaldelik die risiko’s trotseer wat met die gevaarlike reis verband hou.
Byna 50 sterf van dors in Saharawoestyn nadat vragmotor onklaar raak