# Die vakbond Solidariteit sê die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika se nuwe regulasies oor inhouddeling kan gemeenskapsradiostasies en onafhanklike inhoudskeppers negatief beïnvloed. Die vakbond vra dat die reëls opgeskort word totdat daar regsekerheid is. Riaan Visser van Solidariteit waarsku beperkings op die gebruik van onafhanklik vervaardigde inhoud kan mediadiversiteit verminder en kleiner stasies wat op inhoudvennootskappe staatmaak, benadeel.
Solidariteit bekommerd oor ICASA-regulasies oor deel van inhoud