# Krieket: Die jong Protea-kolwer Lhuan-dré Pretorius sê hy het oud gevoel toe hy die kleedkamer gedeel het met die Indiese wonderkind Vaibhav Sooryavanshi tydens die Indiese Premierliga. Rajasthan Royals se 15-jarige kolf-sensasie het dié seisoen vir vuurwerke gesorg. Sy 776 lopies is aangeteken teen ‘n gemiddeld van 48,5 en ‘n briljante treftempo van 237,5. Pretorius beskryf Sooryavanshi as uiters spesiaal met ‘n houding om net op die veld te stap en sesse te moker. Hy sê die jong speler is boonop ook ‘n gawe kêrel.
Krieket: 20-jarige Pretorius sê jong Indiese kolf-sensasie het hom oud laat voel