Rugby: Ierland sal vir nog vyf jaar oor die dienste van hoofafrigter Andy Farrell beskik, nadat hy ‘n kontrakverlenging tot 2031 onderteken het. Die 50-jarige het by die Iere aangesluit ná die Wêreldbeker in 2019 en het hulle gelei na twee Sesnasies-titels en ‘n reeksoorwinning oor die All Blacks in Nieu-Seeland. Farrell het ook verlede jaar die seëvierende Britse en Ierse Leeus in Australië afgerig. Hy sal die land nou na die volgende twee Wêreldbekertoernooie lei wat volgende jaar in Australië plaasvind en in 2031 in die VSA.
Rugby: Farrell bly by Ierland tot einde-2031