Skip to content

Rugby: Drie beserings-gedwonge veranderings aan Stormers-span vir VRK-halfeindstryd teen Leinster

# Rugby: Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, het drie beserings-gedwonge veranderings aangebring aan die opdrafspan vir môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-halfeindstryd teen Leinster in Dublin. Die vleuel Seabelo Senatla, die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu en die slot Ruben van Heerden is beseer in die kwarteindstryd-oorwinning oor Cardiff in Kaapstad. Wandisile Simelane, Jurie Matthee en Connor Evans vervang hulle. Warrick Gelant is op die bank om agterlyn-dekking te verskaf. Afskoptyd is half-sewe.