# Die EFF in Gauteng verwelkom die verwerping van die Stad Ekurhuleni se voorgestelde 2026/2027-begroting. Die begroting van 71-miljard-rand kon nie die vereiste ondersteuning kry nie nadat 96 raadslede daarvoor en 105 daarteen gestem het. Dit beteken die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jongizizwe Dlabathi, moet ʼn hersiene begroting indien vir oorweging. Die EFF sê ten spyte van Ekurhuleni se verswakkende finansiële posisie en herhaalde mislukkings om invordering-teikens te haal, maak die begroting steeds staat op onrealistiese inkomste-vooruitskattings en word as ‘n geloofwaardige finansiële plan voorgehou.
EFF sê verwerping van Ekurhuleni-begroting is oorwinning vir grondwetlike regering