Skip to content

Ramaphosa magtig die SOE om sekuriteitsbedryf- en WVF-opleidingskontrakte te ondersoek

# President Cyril Ramaphosa het ‘n proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid magtig om bewerings van wanadministrasie en -gedrag te ondersoek, in die opleidingskontrakte wat deur die Reguleringsowerheid vir die Privaat Sekuriteitsbedryf en die Werkloosheidsversekeringsfonds aangebied word. Die ondersoeke sal fokus op opleidingsprogramme vir meer as sewe-duisend leerders regoor die land, insluitend opleiding vir verkiesingswaarnemers en PSIRA-sekuriteitsopleidingskursusse. Die SOE sal ondersoek of betalings wat ingevolge die kontrakte gemaak is, regverdig, mededingend, deursigtig, billik en koste-effektief was. Ondersoekers sal ook bewerings van onwettige gedrag ondersoek.