Skip to content

Sokker: FIFA verbied herbruikbare waterbottels by Wêreldbekerstadions

# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam, FIFA het toeskouers om veiligheidsredes verbied om herbruikbare waterbottels na Wêreldbeker-wedstryde te neem. Bekers, flesse en blikkies is ook verbode. FIFA sê dit is om die risiko te verminder dat ondersteuners missiele op die speelveld gooi. Hy sê die besluit is geneem vir die beskerming van die welstand van spelers, skeidsregters, toeskouers, vrywilligers en personeel. Water sal by stadions verkoop word. Die toernooi begin volgende Donderdag met die openingswedstryd tussen Suid-Afrika en die mede-gasheer Mexiko in Mexikostad.