Skip to content

VF Plus kan nie Drakenstein-munisipaliteit se begroting goedkeur nie want dit bevat nie die regte voorkeure nie

# Die Vryheidsfront Plus sê hy kan nie die Drakenstein-munisipaliteit se begroting vir die volgende boekjaar goedkeur nie, want die fondse word nie gebruik vir inwoners se grootste behoeftes nie. Die algehele begroting van die Wes-Kaapse owerheid is 4,5-miljard-rand, waarvan 3,9-miljard-rand geoormerk is vir bedryfsuitgawes en 569-miljoen-rand vir kapitaalprojekte. Die VF Plus sê noodsaaklike dienste word afgeskeep omdat geld op misplaaste voorkeure vermors word. Hy sê inwoners verdien deursigtige bestuur, behoorlike instandhouding van infrastruktuur en ʼn veilige, skoon omgewing.