# Rugby: Die vleuel Donavan Don het Dewald Human vervang in die Springbok-sewesgroep vir die naweek se laaste Wêreldkampioenskaps-byeenkoms in Bordeaux, Frankryk. Human het verlede naweek in Spanje sy knie beseer en moes na Suid-Afrika terugkeer. Die Blitsbokke het die eerste toernooi in Hongkong gewen, maar in die eindstryd in Spanje teen Australië verloor. Suid-Afrika loop steeds voor met 38 punte, gevolg deur Argentinië en Australië.
Rugby: Donavan Don sluit by Blitsbokke-groep in Bordeaux aan