Rugby: Die Franse uitsaaier Canal-Ploes het ‘n ooreenkoms met Wêreldrugby bereik om die volgende mans- en vroue-Wêreldbeker- en ander toernooie op SuperSport uit te saai in Afrika suid van die Sahara. Die uitsaaier het onlangs die Multichoice-groep gekoop. Suid-Afrika en Zimbabwe sal die vasteland volgende jaar op die manstoernooi in Australië verteenwoordig, wanneer die toernooi na 24 spanne uitgebrei sal word. ‘n Nuwe formaat met ‘n ronde van 16 sal bekendgestel word. Die ooreenkoms sluit ook die vroue-Wêreldbekertoernooi in Australië in 2029 in.
Rugby: Canal + gaan volgende mans- en vroue-Wêreldbekertoernooie in Afrika uitsaai