Skip to content

Atletiek: Brittanje se beheerliggaam met R7-miljoen beboet oor dood van Paralimpiese atleet

# Atletiek: Brittanje se beheerliggaam is met 7,67-miljoen-rand beboet vir die dood van die Paralimpiese gewigstoot-atleet Abdullah Hayayei. Die 36-jarige is dood nadat ‘n metaalgooihok op sy kop geval het tydens oefening in Londen in 2017. Hy was besig met voorbereiding vir die Wêreld-Para-atletiekkampioenskap. Britse Atletiek het ook skuld beken aan korporatiewe manslag. Die voormalige hoof van sport, Keith Davies, het skuld beken op ‘n gesondheids- en veiligheidsklag en is tot 175-uur se onbetaalde gemeenskapswerk gevonnis. Regter Richard Marks sê Hayayei se dood was heeltemal voorkombaar.