Skip to content

Minister Hlabisa sê samewerking tussen munisipaliteite en tradisionele leierskap is noodsaaklik vir inklusiewe bestuur

# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die regering is daartoe verbind om samewerking tussen munisipaliteite en tradisionele leierskapsinstellings te versterk. Hy het ‘n raadplegings-byeenkoms gelei tussen sy departement en die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers oor die Hersiene Konsep-witskrif oor plaaslike regering. Hlabisa sê die hersiening bied ‘n geleentheid om moontlikhede en middele te identifiseer wat die regering kan benut om samewerking tussen tradisionele en Khoi-San-leierskap en munisipale bestuur te versterk.