# Die DA in Gauteng gee interne ANC-verdeeldheid die skuld vir die voortdurende regeringskrisis in die Emfuleni-munisipaliteit. Dit volg nadat ‘n raadsvergadering misluk het omdat ANC-raadslede nie opgedaag het nie. Woordvoerder Solly Msimanga het die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo, gevra om bestendigheid te help herstel. Hy beweer faksies binne die ANC ondermyn die munisipaliteit se leierskap, wat swak bestuur en gebrekkige dienslewering tot gevolg het:
DA gee ANC-binnegevegte die skuld vir Emfuleni se raadskrisis [KLANK]
ENG MsimangaOnEmfuleni