Skip to content

Wes-Kaapse polisie ontken xenofobiese motief in moord op Mosselbaai

# Die Wes-Kaapse polisie ontken die moord op die 19-jarige Nhlamulo Sambo, oorspronklik van Giyani in Limpopo, in Mosselbaai hou verband met betogings teen onwettige immigrante. Sy ma, Patricia Sambo, het op sosiale media beweer haar seun is die naweek tydens betogings vermoor omdat hy Tsonga bepraat het. Die provinsie se polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê Sambo is voorgekeer toe hy na bewering goedere uit ʼn hut wou steel, waarna die eienaar hom gejaag en doodgesteek het.