Skip to content

Speaker van Nasionale Vergadering verwerp bewerings deur ATM-leier oor haar rol in Artikel 89-proses [KLANK]

# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê die bewerings teen haar deur die leier van die African Transformation Movement, Vuyo Zungula, is vals, ongegrond en lasterlik. Zungula beweer Didiza het president Cyril Ramaphosa se prokureurs ontmoet na aanleiding van die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak. Hy het haar gevra om te onttrek aan alle sake wat verband hou met die Ampsklagkomitee. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê Didiza het elke opdrag wat uit die Konstitusionele Hof se uitspraak voortspruit, nougeset nagekom:

ENG MothapoOnAllegations