Skip to content

NVG gaan weer bedrogsaak aanhangig maak teen hoof van Johannesburgse maatskappy vir maatskaplike behuising [KLANK]

# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy gaan die bedrogsaak teen die voormalige waarnemende hoof van die Johannesburgse maatskappy vir maatskaplike behuising, Themba Mathibe, weer aanhangig maak. Dit volg nadat die Alexandra-landdroshof die saak gister van die rol geskrap het. Die saak hou verband met die ontdekking van 321-duisend-rand by Mathibe se woning tydens ʼn deursoek-en-beslagleggingsoperasie in ʼn voortgesette korrupsie-ondersoek na sy termyn by JOSHCO. Die NVG-woordvoerder, Magaboke Mohlatlole, sê hulle skakel met die polisie om uitstaande ondersoeke na hierdie saak te bespoedig:

ENG MohlatloleOnMathibeCase