Skip to content

Tennis: Zverev, Mensik, Kostyuk en Andreeva deur na Franse Ope se halfeindronde

# Tennis: 2024 se naaswenner, Alexander Zverev, is deur na die Franse Ope se halfeindronde. Die tweede-gekeurde Duitser het die 19-jarige Spanjaard Rafael Jodar verslaan en speel volgende teen die Tsjeg Jakub Mensik, wat met die Brasiliaanse tiener Joao Fonseca afgereken het. In die vroue-afdeling het Marta Kostyuk haar landgenoot Elina Svitolina geklop en die eerste Oekraïnse vrou in die Ope-era geword wat die enkelspel-halfeindronde op Roland Garros bereik. Sy en Mirra Andreeva spook sake uit nadat die Russiese tiener die Roemeen Sorana Cirstea verslaan het.