Skip to content

Minister Meth probeer om werkskepping te verbeter deur vaardigheidsontwikkelingsinisiatiewe

# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê ten spyte van tekens van ekonomiese stabilisering en verbeterende beleggersvertroue, staar Suid-Afrika steeds ‘n reuse-werkkrisis in die gesig. Die land se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,7-persent gestyg. Meth sê haar departement verskerp pogings om werkloosheid aan te pak deur ‘n kombinasie van werkprogramme, vaardigheidontwikkelingsinisiatiewe en arbeidsmarkhervormings. Sy sê een van hierdie inisiatiewe is die hersiene Arbeidsaktiveringsprogram, wat 200-duisend geleenthede gedurende die huidige finansiële jaar wil skep.