Skip to content

Oekraïne se minister van Buitelandse Sake sê Putin se keuses raak op na dodelike missielaanvalle

# Die Oekraïnse minister van Buitelandse Sake, Andrii Sybiha, sê die jongste aanvalle deur Rusland toon dat president Vladimir Putin nie meer keuses het nie. Moskou het gisteroggend reuse-missiel- en hommeltuigaanvalle in Kiëf en die sentrale stad Dnipro uitgevoer, wat die lewens van minstens 22 mense, insluitend twee kinders geëis het. Rusland sê die sistematiese aanvalle was vergelding vir verlede maand se dodelike aanval op ‘n studentekoshuis in ‘n besette deel van oostelike Oekraïne. Kiëf het ontken dat hy agter die aanval was. Sybiha sê Putin is ‘n oorlogsmisdadiger wat geen ander keuse as terreur het nie.