Skip to content

Rugby: Nienaber onseker oor sy toekoms by Leinster

# Rugby: Die voormalige Springbok-afrigter Jacques Nienaber is onseker oor sy toekoms by die Ierse span Leinster al het hy nog ‘n jaar van sy kontrak oor. Hulle speel die naweek teen die Stormers in die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap nadat hulle teen Bordeaux verloor het in die eindstryd van die Kampioenebeker. Dit was hul tweede keer in die eindstryd, terwyl hulle ook verlede seisoen die VRK gewen het. Nienaber sê egter uitvoerende hoofde en rade word beïnvloed deur openbare en mediakritiek eerder as deur spanne se prestasies.