# Die SABC gaan die volgende drie jaar 704-miljoen-rand bestee aan opvoedkundige en kinderprogramme, befonds deur die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë. Die uitsaaier het aan MyBroadband gesê die toewysing beloop jaarliks 234-miljoen-rand, maar is steeds onvoldoende om sy openbare diensmandaat van sowat twee-miljard-rand per jaar ten volle te befonds. Die korporasie sê die befondsing is uitsluitlik toegewys en kan nie as ‘n reddingsboei gebruik word nie.
SABC ken R704-miljoen toe vir opvoedkundige programme