Skip to content

Ramaphosa lewer Presidensie se begrotingsrede te midde van verhoogde politieke spanning oor ampsklag-ondersoek

# President Cyril Ramaphosa lewer vanmiddag die Presidensie se begrotingsrede voor die Nasionale Vergadering, waarna ʼn debat volg. Dit vind plaas te midde van verhoogde politieke spanning weens die hangende ampsklagondersoek teen hom. Die Presidensie sê vanjaar se begroting fokus op sake soos ʼn intelligensie-gedrewe benadering om misdaadnetwerke aan die kaak te stel, regeringskommunikasie te koördineer om die burgery in te lig en te bemagtig, en nasionale statistieke te moderniseer. Ramaphosa sal môre op die debat oor die begroting reageer.