Skip to content

Rusland voer dodelike aanvalle op Kiëf uit, mense vermoedelik in puin van woonstelgebou vasgekeer

# Rusland het gisteraand en tot in die vroeë oggendure ‘n hewige hommeltuig- en missielaanval op die Oekraïnse hoofstad Kiëf uitgevoer, met minstens vier mense dood en meer as 20 beseer. Dit volg na ‘n waarskuwing verlede week deur Moskou dat hy van plan is om sistematiese aanvalle op teikens in Kiëf uit te voer, in reaksie op ‘n hommeltuigaanval op ‘n hostel in Oekraïne se Russies-beheerde Loehansk-streek, waarin 21 mense dood is. Die burgemeester van Kiëf, Vitali Klitschko, sê twee hoë woonstelgeboue is getref en mense is moontlik onder die puin vasgekeer.