# Die Coalition for Epidemic Preparedness Innovations het sowat 818-miljoen-rand aan die farmaseutiese maatskappy, Moderna, en twee ander groepe bewillig. Die doel is om vinnig ʼn entstof te ontwikkel teen die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus, wat deur die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda woed. Die uitbreking het 250 sterftes veroorsaak en ongeveer een-duisend mense is vermoedelik besmet. CEPI se uitvoerende hoof, Richard Hatchett, sê met Bundibugyo wat vinnig versprei en geen gelisensieerde entstowwe nie, is elke dag in die stryd teen die dodelike siekte belangrik:
Globale gesondheidsorganisasie CEPI versnel ontwikkeling van drie belowende Ebola-entstowwe [KLANK]
ENG HatchettOnBundibugyoVirus