# ActionSA het teleurstelling uitgespreek oor die verkiesing van ‘n ANC-goedgekeurde kandidaat as voorsitter van die Parlement se ampsklagkomitee. Lerato Ngobeni van die party sê die proses moes deur ‘n onafhanklike opposisiefiguur gelei gewees het om onpartydigheid en regverdigheid te verseker. Ngobeni glo die komitee, wat sal bepaal of daar gronde is vir die verwydering van ‘n dienende president, moet vry wees van politieke invloed om openbare vertroue te handhaaf. Sy het die komitee aangespoor om regverdig en deursigtig te bly.
ActionSA verwerp ANC se kandidaat as voorsitter van die ampsklagkomitee