Skip to content

Sokker: Mexiko se 40-jarige doelwagter reg vir sy sesde Wêreldbekertoernooi

# Sokker: Mexiko se doelwagter, Guillermo Ochoa, is reg vir sy sesde Wêreldbekertoernooi, saam met die supersterre Lionel Messi van Argentinië en die Portugese kaptein, Cristiano Ronaldo. Die 40-jarige Ochoa is ingesluit in die groep van die mede-gashere wat die wêreldwye skouspel die elfde teen Suid-Afrika afskop. Ochoa het sy eerste verskyning in 2006 in Duitsland gemaak en ook in die volgende toernooie in Suid-Afrika, Brasilië, Rusland en Katar gespeel. Mexiko speel ook teen Suid-Korea en die Tsjeggiese Republiek in Groep A.