# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor berigte dat hoëronderwysinstellings meer as 165-duisend studentesertifikate terughou weens ‘n studenteskuldkrisis van 59-miljard-rand. Claude Naicker van die vereniging sê die situasie raak veral arm en werkersklas-studente, wat toegang tot werk en professionele geleenthede beperk. Die vakbond vra dringende ingryping, insluitend ‘n moratorium op die weerhouding van sertifikate en die ontwikkeling van ‘n omvattende program vir die verligting van studenteskuld:
Staatsdiensvakbond vra dringende ingryping met universiteite wat 165 000 studentesertifikate terughou [KLANK]
ENG NaickerOnCertificates