# President Cyril Ramaphosa sê hy sal nie die voorbereidende werk van die ampsklagkomitee verhoed nie, tensy die komitee voortgaan met die proses teen hom terwyl die Wes-Kaapse Hooggeregshof nog die Phala Phala-paneel se verslag hersien. Die komitee sal vandag die eerste keer vergader om ‘n voorsitter te kies en ‘n pad vorentoe te bepaal. Ramapohsa sê in sy hersieningsaansoek dit sou ‘n tragedie wees as die Parlement met ‘n ampsklagproses voortgaan terwyl die wettigheid en geldigheid van die verslag betwis word.
Ramaphosa waarsku die Parlement om nie nou met ampsklagproses teen hom voort te gaan nie