# Die Parlement se Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange het ooreengekom oor ‘n openbare deelnameproses in ‘n poging om openbare vertroue in die instelling te versterk. Dit is deel van die omvattende hersiening van die Parlement se Kode vir Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Ledebelange, asook die Uitvoerende Etiekkode. Die medevoorsitter van die komitee, Henni Britz, sê die huidige kodes en etiese raamwerke bevat areas wat verbeter moet word. Hy sê die finansiële verhoudings, digitale invloed en openbare verwagtinge het aansienlik ontwikkel, wat die hersiening noodsaaklik en tydig maak.
Parlement begin openbare deelnameproses oor etiese kode en openbaarmaking van ledebelange