# KwaZulu-Natalse polisie het ‘n nasionale ampsdraer van die All Truck Drivers Forum South Africa in hegtenis geneem vir beweerde aanhitsing van geweld langs die N3 Suid naby Bergville. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê beamptes het op ‘n groep afgekom wat vragmotors voorgekeer het. Die verdagtes het na nabygeleë bosse gevlug en ‘n voertuig met ‘n ATDF-SA-banier en klippe agtergelaat. Hy bevestig drie verdagtes, insluitend twee vragmotorbestuurders, is in hegtenis geneem en die polisie glo die voertuig se eienaar kan ook verbind word met ‘n bus wat naby die Colenso-wisselaar met klippe bestook is:
Ampsdraer van Vragmotorbestuurdersforum in hegtenis geneem vir beweerde aanhitsing op N3 [KLANK]
ENG-NetshiundaOnArrests