# Die geskorste KwaZulu-Natalse Valke-hoof, Lesetja Senona, betwis sy skorsing en noem dit onregmatig en onregverdig. Senona het deur sy regspan aangevoer ‘n blote vermelding by die Madlanga-kommissie is nie voldoende rede om hom te skors nie. Hy beweer ook die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek het versuim om ‘n dissiplinêre verhoor binne die vereiste 60-dae-tydperk te hou. Senona is in Maart geskors oor bewerings wat verband hou met die beweerde misdaadbaas Vusimuzi Matlala en aangemelde oortredings van die veiligheidsprotokol. Hy verskyn weer Maandag voor die Madlanga-kommissie.
Senona betwis sy skorsing deur die Valke voor sy terugkeer na die Madlanga-kommissie